Nama Khoi bevestig drie nuwe Covid-19 gevalle

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 23 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Nama Khoi regsgebied het drie nuwe koronavirus-gevalle bevestig.”

Die Hantam regsgebied het egter die meeste gevalle aangeteken, met 20 nuwe diagnoses van die koronavirus.

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 391, terwyl 437 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar nog steeds net 11 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 943 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die Minister het verder aangekondig dat nog 113 mense positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap, wat die kumulatiewe totaal op 28 090 gevalle te staan bring.

Met hierdie nuwe sterftes, staan ​​die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie, weens Covid-19-komplikasies nou op 447.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie het intussen 3 751 bereik.

23 890 Persone het Covid-19 geklop, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 85%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.