Inligtingsreguleerder nou in gesprekke met Facebook SA

0

Die nasionale Inligtingsreguleerder het gister, 13 Januarie 2021, vergader om die aangeleentheid te bespreek, rakende die hersiene WhatsApp-privaatheidsbeleid, wat baie sosiale media-gebruikers van die gewilde klets-platform, WhatsApp en daarna Facebook verteer het.

Die Reguleerder het kontak gemaak met Facebook Suid-Afrika, wat die privaatheidsbeleid van WhatsApp aan die Reguleerder verskaf het, wat op 04 Januarie 2021 hersien is.

‘n Woordvoerder vir die Reguleerder, Nomzamo Zondi het in ‘n amptelike persverklaring bevestig dat die gesprekke met Facebook Suid-Afrika egter voortduur.

In terme van die hersiene beleid blyk dit dat daar verskillende diensvoorwaardes, en privaatheidsbeleide vir gebruikers in die Europese lande, en in nie-Europese lande is.

Die Reguleerder sê dat hy sal ondersoek of die diensvoorwaardes en die privaatheidsbeleid inderdaad verskil, en of die privaatheidsbeleid van toepassing op gebruikers buite Europa, wat die Suid-Afrikaanse gebruikers insluit, voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).

Die Reguleerder sal na die voltooiing van die analise met Facebook skakel.

“Die Reguleerder bly daartoe verbind om die beskerming van persoonlike inligting, van Suid-Afrikaanse burgers te verseker.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.