Kuruman-verkragter kry lewenslange tronkstraf

0

Tshepiso Godfrey Oliphant (32) is gister lewenslange tronkstraf, plus ‘n addisionele 26-jaar tronkstraf, in die Kuruman-streekhof opgelê.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, generaal-majoor Henriette de Waal, het die swaar vonnis verwelkom.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat Oliphant twee slagoffers verkrag en beroof het.

Die eerste verkragtingsvoorval het op 14 Desember 2012 plaasgevind, toe ‘n 18-jarige dame deur Oliphant na Promiseland – ‘n gebied op Mothibistad – gelok het.

Hy het haar na ‘n nabye oop veld geneem en twee keer verkrag.

Daarna het Oliphant die slagoffer van haar kontant en selfoon beroof – ter waarde van R2 000 – voordat hy van die toneel gevlug het.

Die slagoffer kon die voorval by die polisie aanmeld en het mediese behandeling ontvang.

Die tweede verkragtingsvoorval het op 12 Julie 2013 plaasgevind, toe ‘n 29-jarige vrou Oliphant naby die Kuruman-hof raakgeloop het.

Sowel die slagoffer as beskuldigde het in dieselfde voertuig geklim, en het gevolglik saam met die slagoffer uitgeklim.

Daarna het hy haar gegryp en na ‘n verlate huis gesleep en haar twee keer verkrag.

Oliphant het die slagoffer van haar kontant en selfoon, ter waarde van R3 000 beroof en gevlug.

Die verkragter is op 11 September 2013 in hegtenis geneem en het borgtog ontvang.

Hy het weer gevlug en is op 09 September 2020 weer in hegtenis geneem, toe die polisie hom kon aan albei sake verbind, deur middel van DNA.

Hy is aangehou tot die ondersoek afgehandel is en is soos volg gevonnis:

  • Lewenslange tronkstraf vir verkragting
  • 10-Jaar tronkstraf vir verkragting (1)
  • 10-Jaar tronkstraf vir verkragting (2)
  • 3-Jaar vir roof (1)
  • 3-Jaar vir roof (1)

Gamieldien sê Oliphant se naam is in die Nasionale register vir seksuele misdrywe aangeteken, en hy is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die provinsiale hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in die provinsie, Brig Nicky Mills het die ondersoekbeampte van die Serial Electronic Crime Investigation Unit (SECI), speursersant Sipho Andrease, geprys vir die noukeurige en deeglike ondersoek, wat gelei het tot die vonnisoplegging.

“Hy het ook verklaar dat wat die voorvalle nog gruweliker gemaak het, die feit was dat albei slagoffers tydens die verkragting swanger was.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.