Namakwa bevestig byna 30 nuwe gevalle van Covid-19

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 29 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Nama Khoi regsgebied het die meeste gevalle in die distrik bevestig, met 12 nuwe positief getoetsde pasiënte.”

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 403, terwyl 505 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar nog steeds net 11 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 887 aktiewe gevalle van die koronavirus.

 

Mkhize het aangekondig dat ‘n verdere 292 mense in die Noord-Kaap, positief getoets het vir COVID-19.

“Dit bring die provinsie se kumulatiewe aantal positief bevestigde gevalle, op 28 382 te staan.”

Die land se jongste Covid-19 verslag toon dat die Frances Baard distrik, die meeste gevalle aangeteken het (104), gevolg deur Pixley Ka Seme (85), ZF Mgcawu (60), Namakwa (29) en JT Gaetsewe (8), terwyl 6 gevalle nog nie aan distrikte geallokkeer is nie.

“Ongelukkig rapporteer ons sewe (7) addisionele Covid-19-sterftes, wat in die afgelope 72 uur plaasgevind het. Met hierdie nuwe sterftes, staan die provinsie se Covid-19 dodetal nou op 454.”

Die Minister het sy innige meegevoel met die families en geliefdes van die ontslapenes gedeel.

Die Noord-Kaap het tans 3 814 aktiewe koronavirusgevalle.

Tot op hede het 24 112 mense in die provinsie die virus geklop, wat dui op ‘n herstelkoers 85%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.