21 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 251."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 21 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit onderskeidelik 6 elk, Hantam plaaslike munisiplaiteit (5) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit 4.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 910, met 5 349 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 494 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 256 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 54 650.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 251.

Sowat 45 325 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 072 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.