21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (7), Nama Khoi regsgebied (6), Karoo Hoogland (3), Khâi Ma (2) en Richtersveld (1)."

0

In die jongste verslagperiode is daar 21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (7), Nama Khoi regsgebied (6), Karoo Hoogland (3), Khâi Ma (2) en Richtersveld (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 449, die sterftesyfer is 127, met 12 204 genesings en diè distrik het 1 18 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 188 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 90 570.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 183.

Sowat 82 602 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 785 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.