21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Hantam (9), Nama Khoi regsgebied (5), Karoo Hoogland (3), Khâi Ma (2) en Kamiesberg en Richtersveld een onderskeidelik."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam (9), Nama Khoi regsgebied (5), Karoo Hoogland (3), Khâi Ma (2) en Kamiesberg en Richtersveld een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 603, die sterftesyfer is 129, met 12 310 genesings en diè distrik het 1 164 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 96 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 269.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 203.

Sowat 84 379 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 687 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.