21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (13), Khâi Mai (6) en Nama Khoi regsgebied (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 21 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (13), Khâi Mai (6) en Nama Khoi regsgebied (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 148, die sterftesyfer is 126, met 11 668 genesings en diè distrik het 1 364 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 309 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 88 631.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 144.

Sowat 80 618 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 867 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.