22-Jarige verdwyn in Namibië se berge

0

Die 22-jarige Sarkof Pieters woonagtig in Henkries, is as vermis aangemeld op 8 September, nadat hy en twee van sy vriende, die vorige dag op tog was na Namibië deur die bergagtige landskap.

‘n Soek- en reddingspan was vroeër hierdie week op die rivier-oewer, maar kon niks oplewer nie.

Pieters was laas gesien in ‘n groen overall en werkstewels.

Hy is lank, skraal en donker in kompleksie.

Pieters het bruin oë en swart hare.

Sy vriende, Paul Engelbrecht en Eiland Smit, was laaste met hom gesien en kon tot op hede geen informasie rondom sy verdwyning gee nie.

NFM Nuus het by ‘n betroubare bron verneem dat die Vioolsdrift en Namibië-polisie saamwerk in die soeke na Pieters.

Vir enige navrae of inligting rondom die verdwyning van Pieters kan sy moeder, Moekie Pieters, geskakel word by 061 412 0767.

Leave A Reply

Your email address will not be published.