22 Nuwe Covid-19 gevalle in Nama Khoi bevestig

"22 Nuwe gevalle is in die Nama Khoi regsgebied bevestig."

0

Die Nama Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize het aangekondig dat 52 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“22 Nuwe gevalle is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Khai Ma en Hantam het elk twee nuwe gevalle bevestig, Karoo Hoogland het een nuwe geval, met 13 nuwe gevalle in die Kamiesberg.

Die Richtersveld het 12 gevalle van die koronavirus bevestig.

“Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 867, maar 592 persone het alreeds van Covid-19 herstel.”

Die streftesyfer volgens die Noord-Kaapse departement van gesondheid, is onveranderd op 14, wat die regsgebied laat met ‘n totaal van 1 261 aktiewe Covid-19 gevalle.

Tot op hede het die Namakwa distrik 3 293 gevalle van die virus bevestig, en 1 151 genesings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 2 125 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Ministerie het aangekondig dat 159 mense positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie oortref die 32 000-kerf, met ‘n kumulatiewe totaal van 32 010 positief bevestigde gevalle.

Namakwa het in die jongste verslag die meeste nuwe positiewe gevalle aangeteken, met 52.

Met die vier nuwe sterftes in die provinsie, staan die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie weens Covid-19-komplikasies, nou op 581.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle is 3 977 in die provinsie, en die genesings het toegeneem tot 27 450.

Dit dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 86%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.