22 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 858."

0

In die jongste verslag periode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 22 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (17), en die Khâi-Ma plaaslike munisipaliteit (5).

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 933, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 394 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 162 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 37 939.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 858.

Sowat 33 776 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 303 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.