227 Kovid-19 gevalle oor die naweek in die Namakwa distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (6), Nama Khoi regsgebied (4), en Khâi ma en Richtersveld plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 21elk.  "

0

Die afgelope naweek was daar ‘n totaal van 227 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld, vir Vrydag 30 Julie, 110; Saterdag 31 Julie, 105 en Sondag 01 Augustus, 12.

Vir die Nama-Khoi regsgebied is ‘n totaal van 137 Kovid-19 gevalle vir die naweek aangemeld. Vrydag 30 Julie 70, Saterdag 31 Julie 63 en Sondag 01 Augustus 4.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (6), Nama Khoi regsgebied (4), en Khâi ma en Richtersveld plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 21elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 8 378, die sterftesyfer is 82, met 7 313 genesings en diè distrik het 983 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 229 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 67 727.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 745.

Sowat 60 420 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 560 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.