23-Jarige kry 18-jaar agter tralies vir verkragting

Hy is ook deur die hof ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit, en sy naam is in die Nasionale Seksuele Misdryweregister aangeteken.

0

Kobus Julies (23) is gister tot 23-jaar tronkstraf gevonnis in die Hartswater-landdroshof.

Dit kom nadat hy ‘n minderjarige dogter in Maart 2019 verkrag het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die beskuldigde op 12 Maart 2019 ’n 14 jarige vroulike slagoffer, gedreig het terwyl sy oppad huis toe was.

Oppad na haar huis vanaf Pampierstad, het sy die beskuldigde raakgeloop.

“Julies het haar met ‘n mes gedreig, voordat hy haar na ‘n veld geneem het en haar gedwing het om haarself te ontklee.”

Julies het daarna die 14-jarige tienermeisie verkrag.

Volgens Gamieldien het die beskuldigde toe van die toneel gevlug.

Die slagoffer het Julies op 30 Maart 2019 weer raakgesien en die polisie in kennis gestel.

Julies is in hegtenis geneem en het dieselfde dag vanuit polisiebewaring ontsnap.

Gamieldien sê die polisie kon hom weer arresteer en hy was in aanhouding.

Julies is gister soos volg gevonnis:

  • 18 Jaar vir verkragting
  • 5 Jaar vir ontsnapping uit polisiebewaring

 

“Hy is ook deur die hof ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die Nasionale Seksuele Misdryweregister aangeteken,” sê Gamieldien.

“Julies is ook verbind met ’n ander vekragting saak wat gedurende Februarie in die hof op Warrenton verhoor sal word.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.