23-Jarige kry 30-jaar tronkstraf na hy twee seuns verkrag

Oliphant January is het in Maart 2017 twee seuns, van onderskeidelik 12 en 14 jaar oud verkrag.

0

Oliphant January (23) is gister in die Hanover-streekhof tot 30-jaar tronkstraf gevonnis, vir die verkragting van twee jong seuns.

Twee seuns van onderskeidelik 12 en 14 jaar oud het op Sondag, 26 Maart 2017 by die beskuldigde se huis op Hanover geslaap, toe die insident plaasgevind het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat January, wat aan die slagoffers bekend is, albei die seuns in die vroeë oggendure verkrag het.

“Een van die slagoffers het daarin geslaag om van die beskuldigde te vlug om hulp te roep.”

Die polisie het borgtog suksesvol teëgestaan ​​en January is in aanhouding gehou totdat hy gevonnis is.

January is skuldig bevind en gevonnis op twee aanklagte van verkragting.

“Hy het 20-jaar gevangenisstraf gekry vir elke verkragting, en sal effektief 30-jaar gevangenisstraf uitdien.”

Die verkragter is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die Nasionale Register vir Seksoortreders opgeneem.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.