23 Nuwe Covid-19 gevalle vir Nama Khoi regsgebied aangemeld

"Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 650."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, 23 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken.

“Nege gevalle is egter in Kamiesberg bevestig, twee onderskeidelik vir Khai Ma en Richtersveld, en drie in die Hantam plaaslike munisipaliteit.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 039, met 1 336 herstellings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 789 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 39, wat die totaal in die distrik tot op 3 619 te staan bring, met 2 196 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 406 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 126 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 337 te staan.

“In die jongste verslag het Namakwa die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 39, gevolg deur JT Gaetsewe (30), Frances Baard (26), ZF Mgcawu (24) en Pixley Ka Seme (6).

“Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 650.”

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 012, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 89%.

29 673 Mense het herstel van COVID-19.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.