23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (17), Hantam plaaslike munisipaliteit (3), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1) en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 421, met 4 866 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 65 en dit laat diè distrik met 490 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 454 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 43 187.

Leave A Reply

Your email address will not be published.