23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (15), Hantam plaaslike munisipaliteit (5) en Richtersveld, Kamiesberg en Khâi Mai plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (15), Hantam plaaslike munisipaliteit (5) en Richtersveld, Kamiesberg en Khâi Mai plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 236, met 4 497 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 675 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 135 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 39 743.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 894.

Sowat 35 431 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 3 416 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.