24 nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

'Die provinsie het 'n kumulatiewe totaal van 34 483 mense.'

0

In die jongste verslag periode het die ministerie van gesondheid 24 nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam 20, Nama Khoi regsgebied 3 en Khâi-Ma 1.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle bly staan op 2 107, met 1 832 genesings.

Die kumulatiewe totaal sterftes is 40, nadat 6 nuwe streftes bevestig was, wat die regsgebied laat met 235 aktiewe coronavirus gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 875, met 3 328 herstellings.

ie sterftes in die distrik staan op 54 en laat die distrik met 493 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhezi, het aangekondig dat nog 76 mense het positief getoets vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 483 mense.

Frances Baard het die hoogste positiewe gevalle aangeteken (28), gevolg deur Namakwa (24), ZF Mgcawu (11), Pixley ka Seme (10) en JT Gaetsewe met 3 gevalle.

Daar is agt (8) nuwe COVID-19-verwante sterftes wat aangemeld is, wat almal in die vorige maande voorgekom het as gevolg van vertragings in die verslaggewing.

Die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan tans op 752.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie staan op 2 049.

49 mense het die afgelope 24 uur van die virus herstel.

Die gemiddelde herstelpersentasie van die provinsie staan op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 680 mense is wat van COVID-19 herstel het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.