24 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Hantam (9), Karoo Hoogland (5), Nama Khoi regsgebied (3) en Richtersveld (1)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 24 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam (9), Karoo Hoogland (5), Nama Khoi regsgebied (3) en Richtersveld (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 573, die sterftesyfer is 128, met 12 216 genesings en diè distrik het 1 229 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 87 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 094.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 192.

Sowat 82 996 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 906 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.