25 Nuwe Korona-Virus Gevalle Vir Die Namakwa-Distrik Bekend

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 25 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (9), Hantam plaaslike munisipaliteit (9), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (5), Kamiesberg en Richtersveld plaaslike munisipaliteite een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 690, met 5 167 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 456 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 525 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 50 188.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 101.

Sowat 41 075 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 010 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.