26 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 129."

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 26 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (14), Nama Khoi regsgebied (6), Hantam plaaslike munisipaliteit (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 750, met 5 208 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 475 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 398 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 51 792.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 129.

owat 42 067 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 594 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.