28 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 422 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondhied, dr. Zweli Mhkize 28 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Richtersveld plaaslike munisipaliteit (14), Nama Khoi regsgebied (12), en een onderskeidelik vir Hantam-en-Khâi-Mai plaaslike munisipaliteit.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 961, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 422 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 118 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 38 058.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 858.

Sowat 33 874 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 324 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.