30 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 30 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam (12), Karoo Hoogland (6), Richtersveld (2) en Nama Khoi regsgebied (10).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 678, die sterftesyfer is 130, met 12 444 genesings en diè distrik het 1 104 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 91 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 605.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 219.

Sowat 84 892 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 494 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.