32 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 652 aktiewe gevalle. "

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 32 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (18), Hantam plaaslike munisipaliteit (7), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 276, met 4 560 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 652 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 246 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 40 182.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 897.

Sowat 35 612 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 671 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.