325 Kovid-19 gevalle oor die naweek in die Namakwa distrik aangemeld

0

Die afgelope naweek was daar ‘n totaal van 325 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld, vir Vrydag 06 Augustus, 150; Saterdag 07 Augustus, 40 en Sondag 08 Augustus, 135.

Vir die Nama-Khoi regsgebied is ‘n totaal van 206 Kovid-19 gevalle vir die naweek aangemeld. Vrydag 06 Augustus, 111; Saterdag  07 Augustus, 14; en Sondag 08 Augustus 81.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 069, die sterftesyfer is 90, met 7 591 genesings en diè distrik het 1 388 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 408 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 70 387.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 805.

Sowat 62 348 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 232 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.