36 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 046."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 36 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (20), Hantam plaaslike munisipaliteit (10), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (4), Kamiesberg en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteite een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 610, met 5 032 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 512 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 432 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 48 616.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 046.

Sowat 40 197 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 371 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.