38 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 260 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 38 442."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 38 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (19), Khâi-Ma plaaslike munisipaliteit (17) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 039, met 3 597 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 388 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 260 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 38 442.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 880.

Sowat 34 169 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 391 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.