38 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (19), Kamiesberg (7), Richtersveld (6), Khâi Mai (4) en Hantam en Karoo Hoogland een onderskeidelik elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 38 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (19), Kamiesberg (7), Richtersveld (6), Khâi Mai (4) en Hantam en Karoo Hoogland een onderskeidelik elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 806, die sterftesyfer is 124, met 11 274 genesings en diè distrik het 1 435 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 229 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 86 947.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 076.

Sowat 78 140 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 729 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.