Ongelisensieerde drankperseel op Upington gesluit

 Ongelisensieerde drankperseel op Upington gesluit

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Misbruik van drank en ander middels is die belangrikste bydraes tot geslagsgebaseerde geweld, gesinsgeweld en ander misdade, insluitend aanrandings, poging tot moord, opsetlike beskadiging van eiendom en seksuele aanrandings.

Polisiewoordvoerder, Sesant Omphile Masegela, het bevestig dat die Waarnemende Stasiebevelvoerder van Upington, Kolonel Gert Jobs het die lede van FLASH en Misdaadvoorkoming geloof vir hul pogings om die ruimte van onwettige handelaars in drank en tuisgemaakte brousels in Upington-omgewing te verklein.

“Op Donderdag, 27 Januarie 2022 het lede inligting ontvang oor drank wat by sekere persele verkoop word. Hulle het opgevolg en gevolglik is drie ongeregistreerde persele op Vrydag, 28 Januarie 2022 gesluit,” het Masegela gesê.

Daar is beslag gelê op drank met die geraamde waarde van R4200 en boetes is aan die oortreders uitgereik. 

Bernadine Hearn

Related post