4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 119"

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (2), Hantam en Richtersveld plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 716, met 5 175 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 474 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 278 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 51 041.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 119.

Sowat 41 653 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 267 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.