4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 466 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 45 634."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipaliteit en Nama Khoi regsgebied onderskeidelik twee.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 477, met 4 946 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 465 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 466 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 45 634.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 994.

Sowat 38 099 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 539 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.