40 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 286."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 40 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (16), Hantam plaaslike munisiplaiteit (15), Nama Khoi regsgebied (9), Richtersveld plaaslike munisipalitiet (4), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit 1.
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 998, met 5 403 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 528 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 426 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 55 536.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 286.
Sowat 45 703 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 545 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.