41 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Khâi Mai (27), Nama Khoi regsgebied (10), en Kamiesberg (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 39 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Khâi Mai (27), Nama Khoi regsgebied (10), en Kamiesberg (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 413, die sterftesyfer is 127, met 12 090 genesings en diè distrik het 1 092 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 74 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 90 272.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 170.

Sowat 82 348 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 752 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.