424 Gesondheidspersoneellede in NK aangestel

0

As deel van die pogings om toegang tot gesondheidsorg in die Noord-Kaap te verbeter, het die departement gesê dat hulle tevrede is met die vordering van gesondheidsinstansies.

Die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene, het sy tevredenheid bekendgemaak ten opsigte van gehalte dienslewering, en hul reaksie op die Covid-19 pandemie.

424 Gesondheidspersoneellede is aan die einde van Desember 2020 en Januarie 2021 in die Noord-Kaap.

Lekwene sê hierdie poste wissel van mediese beamptes, aptekers, verpleegsters en verwante gesondheidswerkers in alle distrikte in die provinsie.

“Die Namakwa-distrik het 52 personeellede ontvang; ZF Mgcawu, 57; John Taolo Gaetsewe, 43; Frances Baard 58, Pixley Ka Seme 57, en Robert Mangaliso Sobukwe
Hospitaal het 148 lede ontvang.”

“Die werwing en behoud van skaars vaardighede en deurlopende opleiding, bly ‘n prioriteit in die departement.”

Die LUR het homself daartoe verbind om ook aandag te skenk aan aanstellings van nie-kliniese personeel – soos portiers, klerke en skoonmakers in gesondheidsinstellings wat tekorte ervaar.

Die LUR het sy dank aan alle voorste-linie personeel uitgespreek vir hul pogings om die lewens van ons mense te verbeter.

Die LUR het ook sy meegevoel gedeel met die gesinne van 16 gesondheidspersoneellede, wat tans in rou is, nadat hulle weens Covid-19 verwante komplikasies oorlede is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.