Dwelmhandelaar in hegtenis geneem op Kathu

0

Die Kathu-polisie het gister ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem, op ‘n klag van dwelmhandel.

Die polisie het inligting ontvang oor ‘n man wat handel doen in dwelms, by ‘n huis in New Stands, in die Mapoteng-nedersetting, op Kathu in die Noord-Kaap.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê die polisie het die huis gaan deursoek en beslag gelê op dagga en mandrax-tablette.

Die polisie het ook R320 in kontant gekonfiskeer, wat glo die opbrengs was van dwelms wat alreeds verkoop is.

“Die dagga en mandrax-tablette se straatwaarde word beraam op R1 500.”

Gamieldien sê dat die verdagte binnekort in die landdroshof op Kathu sal verskyn.

Die polisie se ondersoek sal eersdaags afgehandel wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.