49 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 297 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 56 973."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 49 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (20), Nama Khoi regsgebied (14), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (12), Hantam plaaslike munisipaliteit (2), en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 244, met 5 459 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 718 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 297 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 56 973.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 321. Sowat 47 984 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 666 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.