52 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (21), Nama Khoi regsgebied (16), Richtersveld (8), Khâi Mai (5), Kamiesberg en Karoo Hoogland onderskeidelik een elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 52 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (21), Nama Khoi regsgebied (16), Richtersveld (8), Khâi Mai (5), Kamiesberg en Karoo Hoogland onderskeidelik een elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 911, die sterftesyfer is 124, met 11 584 genesings en diè distrik het 1 203 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 304 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 87 524.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 090.

Sowat 79 295 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 137 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.