57 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (34), Hantam (21) en Khâi Mai (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 57 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (34), Hantam (21) en Khâi Mai (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 968, die sterftesyfer is 125, met 11 642 genesings en diè distrik het 1 201 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 285 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 87 808.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 100.

Sowat 79 807 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 899 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.