58 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 669 aktiewe gevalle."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 58 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisiplaiteit (22), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (18), Nama Khoi regsgebied (9), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (8) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit een.
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 195, met 5 459 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 669 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 308 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 56 678.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 304.
Sowat 47 126 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 246 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.