6 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 44 348 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 563 aktiewe gevalle"

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 6 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (4), Nama Khoi regsgebied en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 813, met 5 251 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 495 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 134 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 53 099.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 186.

Sowat 44 348 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 563 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.