6 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (3),  Richtersveld (2) en Karoo Hoogland (1)."

0

In die jongste verslagperiode is daar 6 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (3),  Richtersveld (2) en Karoo Hoogland (1).

Dit bring die kummulatiewe totaal in die distrik op 13 888, die sterftesyfer staan op 228, met 13 485 genesings en diè distrik het 175 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 17 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 773.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 360.

Sowat 88 825 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 586 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.