62-Jarige verkrag en vermoor

0

‘n 62-Jarige vrou is op Postmasburg verkrag en vermoor.

Die bejaarde vrou se lewelose liggaam is op 10 Julie by haar huis in Postdene op Postmansburg ontdek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die polisie ‘n saak van moord ondersoek.

“Haar bed se matras is afgebrand en ‘n ondersoekdokument is aanvanklik geopen.”

‘n Nadoodse ondersoek het getoon dat die slagoffer seksueel aangerand en verwurg was.

Die polisie het bewys dat die slagoffer se selfoon, skootrekenaar en handsak met haar motorsleutels in, deur die verdagte/s gesteel was.

Enigeen met inligting oor die verdagte/s word vriendelik versoek om die volgede beamptes te kontak:

Konstabel Christeen van der Westhuizen van Postmasburg-speurders: 083 532 1417

Nomvuyo Makoloi: 082 454 3547

Brigadier Nicky Mills: 082 371 6667

Leave A Reply

Your email address will not be published.