62 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (15), Khâi Mai (14), Kamiesberg (13), Richtersveld (12), Karoo Hoogland (5) en Hantam (3)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 62 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (15), Khâi Mai (14), Kamiesberg (13), Richtersveld (12), Karoo Hoogland (5) en Hantam (3).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 859, die sterftesyfer is 124, met 11 415 genesings en diè distrik het 1 320 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 281 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 87 228.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 086.

Sowat 78 651 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 489 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.