63 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 536."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 63 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (48), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (9), Khâi ma plaaslike munisipaliteit (4) en Hantam plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 582, met 6 441 genesings en diè distrik het 1 074 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 171 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 63 582.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 536.

Sowat 57 215 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 829 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.