7 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 574, met 5 026 genesings."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 7 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (3), Hantam plaaslike munisipaliteit (2), Richtersveld en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit onderskeidelik (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 574, met 5 026 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 482 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 254 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 48 186.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 046.

Sowat 39 098 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 040 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.