71-Jarige vrou se liggaam in kanaal gevind

0

Die Noord-Kaapse polisie het vroeër vandeesweek, die liggaam van ‘n 71-jarige vrou in ‘n kanaal by Kanoneiland, buite Upington gevind.

Johana Malgas is op Maandag as vermis aangemeld.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Ompile Masegela het bevestig dat Malgas se dogter haar liggaam uitgeken het.

“Die omstandighede rondom die oorledene se dood, is op hierdie stadium nog onbekend.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.