79 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

"Die gevalle is toegeken aan Khâi Mai (41), Nama Khoi regsgebied (21), Kamiesberg (11), Hantam, Karoo Hoogland en Richtersveld onderskeidelik twee elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 79 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Khâi Mai (41), Nama Khoi regsgebied (21), Kamiesberg (11), Hantam, Karoo Hoogland en Richtersveld onderskeidelik twee elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 227, die sterftesyfer is 126, met 11 827 genesings en diè distrik het 1 274 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 338 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 88 961.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 144.

Sowat 81 037 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 778 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.