8 nuwe Covid-19 verwante sterftes vir Nama Khoi regsgebied aangemeld

'Die aangemelde sterftes is soos volg: 8-Nama Khoi, 5-Hantam, 3-Siyathemba, 1-Richtersveld en 1-Siyancuma plaaslike munisipaliteit.'

0

In die jongste verslag periode het die ministerie van gesondheid 5 nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

4 gevalle is toegeken aan Richterveld plaaslike munisipaliteit en 1 vir die Nama Khoi regsgebied.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 105 en 1 832 genesings.

8 nuwe Covid-19 verwante sterftes is aangekondig wat die kumulatiewe totaal bring tot op 34 sterftes met 239 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 851, met 3 320 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 46, dit laat die distrik met 458 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkize, het nog 16 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 379 positiewe gevalle.

Slegs Pixley ka Seme het geen nuwe positiewe gevalle aangeteken, terwyl die ander vier distrikte vyf of minder positiewe gevalle aangeteken het.

Daar agtien nuwe COVID-19-verwante sterftes gerapporteer, almal kom van die vorige maande as gevolg van vertragings in die verslagdoening.

Die aangemelde sterftes is soos volg: 8-Nama Khoi, 5-Hantam, 3-Siyathemba, 1-Richtersveld en 1-Siyancuma plaaslike munisipaliteit.

Die provinsiale totale kumulatiewe sterftes as gevolg van COVID-19-komplikasies staan tans op 744.
28 mense het die afgelope 24 uur van die virus herstel.

Die gemiddelde herstelpersentasie van die provinsie staan op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 605 mense is wat herstel het van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.