8 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 724, met 5 195 genesings."

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 8 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (5), Hantam plaaslike munisipaliteit (2) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 724, met 5 195 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 462 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 357 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 51 396.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 126.

Sowat 41 849 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 419 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.