82 Jarige ouma klop Covid-19

Genadiglik het sy geen pyn gevoel tydens haar siekbed nie.

0

Daar word gereelde waarskuwings deur die media uitgestuur, dat jongmense minder moet rondloop en dat hulle by die huis moet bly, sodat hulle nie die virus opdoen en die senior burgers by die huis kan infekteer nie.

In die geval van die 82-jarige ouma Katrina Swartbooi van Port Nolloth, is haar verhaal anders,.

Sy loop glad en al nie rond nie, en het Covid-19 opgedoen.

Hoe sy die virus opgedoen het, weet nugter alleen.

Wat Ouma  Katrina se Covid-19 geval so uniek maak, is dat sy op hierdie hoë ouderdom, gebuk gaan onder onderliggende siektes.

Ouma Katrina het aan NFM Nuus vertel dat sy “alles” het; suiker, bloeddruk, hooikoors en sinus.

Genadiglik het sy geen pyn gevoel tydens haar siekbed nie.

Ouma Swartbooi vertel dat sy een middag olik gevoel het en ‘n bietjie gaan skuinslê het.

Sy vertel dat dit haar laat voel het, of haar laaste uur aangebereek het.

‘n Nare gevoel het oor haar gekom en sy kon opbring.

God het aan haar bewys dat Hy haar lewe gespaar het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.